4 Desember 2009
HNP se hulde by “muur van skande”
Die Muur van Herinnering wat by die Voortrekkermonument-erfenisterrein (VTM) opgerig is, is eintlik ’n muur van skande omdat jong seuns van die Afrikanervolk omgekom het in ’n bosoorlog wat nooit moes plaasgevind het nie.
Só het ’n onderleier van die HNP, mnr. Wouter Rust, gesê in ’n huldeblyk aan die meer as 2 000 jeugdige blanke weermaglede en nasionale ienspligtiges wat in dié stryd in Angola omgekom het. Hy het tydens ’n ransleggingseremonie by die Muur van Herinnering by die VTM gepraat.
“Daar kan met reg gesê word dat die grootste en gevaarlikste vyand wat die pad van die Afrikanervolk nog gekruis het die Nasionale Party-regerings onder John Vorster, PW Botha en FW de Klerk was.
“Elke poging sedert volksplanting om die Afrikaner van sy vryheid te beroof, het misluk, soos wat ons by Bloedrivier en in Engeland se twee aanslae teen die Boerevolk gesien het. “Die Engelse geskiedenisskrywer, Arthur Conan Doyle, het daarop gewys dat niemand, nie eens Napoleon se magte, Engeland so seergemaak het soos die Boer op ’n perd se rug nie.
Die NP het dit egter reggekry deur die kiesers te bedrieg met leë beloftes en met valse versekerings hoop te gee.
“Die hele blankedom het egter die slagoffer geword van die grootste verraad waaroor die geskiedenis kan getuig.”
Mnr. Rust het daarop gewys dat agtereenvolgende NP-regerings na dr. Verwoerd se era gehelp het om politiek te bedryf wat toegelaat het dat “bufferstate” ten noorde van Suid-Afrika, naamlik Suidwes-Afrika, Angola, Rhodesië en Mosambiek in die hande van kommunistiese regerings val.
Mnr. Rust het gesê die hele doel van die NP-regering was om die Afrikaner te laat verbaster.
02 Oktober 2009
Regstellende aksie uit die volk, vir die volk

- Die nuwe voorsiiter van die Oranje Sake Instituut, mnr. Ben Geldenhuys.
Luidens die ideologie van regstellende aksie val die klem daarop dat die ongelykhede van die verlede reg gestel moet word, sê die nuwe voorsitter van die Oranje Sake Instituut (OSI), mnr. Ben Geldenhuys. Hy het in ’n mediaverklaring gesê dat in die afgelope 15 jaar, is swart persone bevoordeel deur sogenaamde swart ekonomiese bemagtiging en “affirmative action” ten koste van Afrikaners.
Die gevolge van hierdie ongeregtighede was dat meer as 650 000 Afrikaners tans in uiterste armoede in plakkerskampe moet leef en dat bykans een miljoen in die buiteland werk moes gaan soek. Hy het daarop gewys dat die nadelige, selfs rampspoedige gevolge vir die hele land, vanself spreek en dat Eskom as so ‘n voorbeeld genoem kan word.
Mnr. Geldenhuys het dit uitdruklik gestel dat hierdie rassediskriminasie wat teen ons volk geskep is nou dringend reggestel moet word en verklaar dat die OSI besluit het op ‘n regstellende aksieveldtog wat uit die volk, vir die volk geloods moet word. Tydens die afgelope jaarvergadering van die OSI het die teenwoordige Oranje Sakekamers hulle verbind tot ‘n volkseie indiensnemingsprogram. Hierdie program het ten doel om werksgeleenthede te skep vir die verarmde Afrikaner en ook om ‘n alternatief te skep vir Afrikaners wat die land wil verlaat weens ‘n gebrek aan werksgeleenthede. Daar is ook tydens die byeenkoms kennis geneem dat dit wat beoog word, ondersteun word deur die internasionale reg van volke en mense soos vervat in die Handves van Menseregte van die Verenigde Nasies.
Die ANC-regering het oor die afgelope 15 jaar ‘n kultuur geskep waarby hulle slegs na hulle eie kieserskorps en gevolglik slegs na die swart massas se belange omgesien het. Weens die wanbalans wat deur die ANC se optrede geskep is, is daar geen ander keuse as om hierdie kultuur, van sien om na jou eie, na te volg nie. Die OSI doen ook ‘n beroep op volksgenote om oor te skakel na volkseie arbeid, indien hulle dit nie reeds gedoen het nie, sê mnr. Geldenhuys. Hy het bygevoeg dat as daar in ag geneem word dat 80% van huisbrake geskied as gevolg van binne-inligting, is dit ‘n sekuriteitsrisiko om volksvreemdes die huiswerk te laat doen. Verder ontneem elke pos wat gevul word deur ‘n volksvreemde, ‘n volksgenoot van ‘n geleentheid om uit die kloue van armoede op te staan
25 September 2009
HNP eis teen moordenaar suksesvol !

- Bernadine Kruger, die onskuldige slagoffer
Die padongeluk waarin die 16-jarige Bernadine Kruger noodlottig gesterf het, het ’n verhaal van Dawid en Goliat vertel. Aan die een kant was ’n skoolmeisie op ’n bromponie, onbeskerm en kwesbaar, en aan die ander kant ’n baie ouer persoon in beheer van ’n vinniger, swaarder en volgepakte voertuig.
Streekhof-landdros Edmund Patterson het dié scenario geskep toe hy die 31-jarige taxi-bestuurder in die Pretoriase streekhof skuldig bevind het aan moord op die 16-jarige Bernadine Kruger.
Die landdros het Percyval Matji tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis. Terwyl die beskuldigde met sy hande oor sy bors gevou gestaan en swaar asem gehaal het, het die landdros gesê daar was geen wedywering tussen die moordenaar en sy slagoffer nie. Die uitkoms van die gebeure kon net tot een ding tot gevolg hê – Bernadine se dood.
Landdros Patterson het gesê die vonnis is gegrond op die wyse waarop Matji bestuur het. Hy het gesê die manier waarop Matji haar van een baan na ’n ander agtervolg het, het ook ’n gevaar vir sy passasiers ingehou. Hy het daarop gewys dat die hofsaak wye belangstelling van die publiek uitgelok het. Baie mense beskou taxi’s as ’n bedreiging vir hul veiligheid, terwyl ander daarop staatmaak om heen en weer tussen hul huis en werk te pendel. Hy het gesê Matji se handeling kan nie geregverdig word nie. Dit laat hom met ’n bitter smaak in die mond as hy in ag neem dat die lewe van ’n meisie wat alles gehad het om voor te lewe, uitgedoof is. Haar dood was onnodig en wreed.
Dit gebeur selde dat ’n voertuigbestuurder wat iemand se dood in ’n padongeluk veroorsaak van moord aangekla word, maar nadat ooggetuies ná die ongeluk waarin Bernadine Kruger in Garsfonteinweg doodgery is na vore gekom het, was daar ’n prima facie-saak van moord teen Matji.
Daar is in die hof getuig dat Matji teen ’n hoë spoed met sy volgelaaide taxi haar van agter ingehaal het, sy toeter geblaas het en haar gevolg het toe sy van baan verander het. Hy het haar omgery en toe sy hulpeloos op die teerpad neergeslaan het, het hy bo-oor haar gery.
Hy het eers ’n ent verder gestop. Matji is nie in hegtenis geneem nie en is op eie verantwoordelikheid vrygelaat.
Dr. Pieter Möller, onder-leier van die HNP, en mnr. Henk van de Graaf, adjunk-voorsitter van die party, het die volgende dag met ’n beswaarskrif na die Garsfonteinse polisiekantoor gegaan om namens die gemeenskap te eis dat Matji in hegtenis geneem word.

- Moordenaar Percyval Matji, die gevoellose taxi-drywer
Vir nog artikels vanuit "Die Afrikaner", laai die volle koerant af
- kliek HIER vir meer inligting.
18 September 2009
Voortrekkers beweeg na verbastering
Die logiese beleid van die Voortrekkerbeweging om anderskleuriges as lede daarvan toe te laat en nie net blanke, blanke-Afrikaner-Christen-nasate van ons voorsate nie se logiese gevolg is uiteindelike verbastering. Indien ’n swart persoon lidmaatskap verkry, sal hy verwag om op alle terreine van die Afrikaner se maatskaplike lewe toegelaat te word.
Só het twee teoloë, dr. Mulder Pretorius en dr. Berril von Amburg, en ’n geskiedkundige, dr. Pieter Möller, gereageer toe hulle om kommentaar genader is oor die uitlatings van leiers van die Voortrekkerbeweging dat die “gevoel in ’n mens se hart” en nie jou velkleur bepalend is vir ’n mens se volksverband nie. Die beweging het reeds 16 jaar gelede die woord “blank” uit sy grondwet verwyder.
Hulle het saamgestem dat die beweging se houding daarop neerkom dat deure geopen word vir assimilasie tussen blank, swart of bruin wat deur formele beleid almal onder dieselfde kombers plaas en dus die weg baan vir verbastering.
Die Vootrekkerleiers se standpunt is in ’n berig in Rapport gestel en die hoofleier, prof. Piet Strauss, en die Transvaalse gebiedsleier, Willie Wagner, is aangehaal. In die berig is ook gemeld dat ’n Voortrekker-kommandoleier in Potchefstroom, Malan le Roux, die houding oor ras bevraagteken het.
Dr. Möller het daarop gewys dat al die bewegings en organisasies wat onder die vaandel van die FAK optree, poog om die ANC-regime ter wille te wees. Hy het daarop gewys dat hoewel die Afrikanerbond sy naam behou, dié beweging nie meer erkenning gee aan die bestaan van die Afrikaner as “volk” nie, maar verkies om die vae term Afrikaanses te gebruik.
Dr. Möller wou weet of die Voortrekkers probeer om die Volkekunde te herskryf. Hy het daarop gewys dat wanneer ’n mens van ’n Duitser praat, praat jy van ’n blanke Europieër wat ’n Europese taal praat. Dieselfde geld vir Engelse, Hollanders en Swede. Praat jy van ’n Zoeloe praat jy van ’n swart Afrikaan wat ’n Afrikataal praat. Die Afrikaner is die blanke nakomeling van Europese volke.
- Ray Wagner
Vir nog artikels vanuit "Die Afrikaner", laai die volle koerant af
- kliek HIER vir meer inligting.
28 Augustus 2009
Weermag saai chaos in Pretoria

- Geweld in skadu van Uniegebou
Dit was feitlik oorlog. Dit was ’n skrikwekkende toneel van geweld en wetteloosheid – ’n bloedige Woensdagmiddag in die hartjie van ’n Suid-Afrikaanse hoofstad waarin ruim 3 000 soldate opgetree het. Aan die een kant: lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Aan die ander kant: lede van die Suid-Afrikaanse Weermag wat gepoog het om die geskiedkundige Uniegebou te bestorm. Die polisie het met rubberkoeëls en traanrook losgetrek. Die soldate was gelukkig sonder wapens. Twaalf soldate is in die hospitaal opgeneem, sommige met ernstige wonde. Een is in die gesig geskiet. Twintig militêre en polisievoertuie is beskadig.
Die skrif is aan die muur vir Suid-Afrika. ’n Tydbom wat tot anargie kan lei, is aan’t aftik. Die chaos wat Weermagslede Woensdag in Pretoria gesaai het, moet vir Zuma en sy kaders in die regering ’n duidelike waarskuwing wees, maar die vraag word gevra of die Zuma’s nie om sinistere redes wag dat die tydbom afgaan nie.
Mnr. Wouter Rust, onderleier en politieke woordvoerder van die HNP, sê dit is duidelik dat die land op ’n ramp afstuur. “Hoe dikwels gebeur dit dat ’n land se polisie en Weermag slaags raak en dit nogal in die hoofstad?”
“Zuma se eerste 100 dae is agter die rug, maar dit is duidelik dat sy verkiesingsbeloftes niks anders as ’n betekenislose gepaaiery en heuning-om-die-mondsmeerdery was nie.
’n Feit wat onder die loep geneem moet word, is die statistiek wat toon dat daar tot dusver vanjaar net soveel stakings as in die 12 maande van 2008 was.
“Dit lyk of die land se arbeiders en armlastiges die septer swaai en of Cosatu die sweep klap. Zuma se rol is uiters vreemd om die minste te sê. Sy afgelope besoek aan Angola en sy regime min doen om dit te stuit en die vraag laat ontstaan of hulle in der waarheid so-iets wil afweer.
“Die belangrikste vraag is egter wie gaan in die kruisvuur vasgevang wees wanneer die chaos losbars? Die Westerse wêreld het seer sekerlik kennis geneem van wat in die land aangaan, maar dieselfde liberales, geldmagshebbers en Sioniste wat John Vorster, PW Botha en FW de Klerk oorgehaal het om hul land aan ’n kommunistiese spul uit te verkoop, is nog in beheer in die Ontwikkelde Wêreld”.
Mnr. Rust het gesê wetsgehoorsame Suid-Afrikaners moet onthou dat die prys van vryheid ewigdurende paraatheid is. Vandeesweek se gebeure in Pretoria, die wetgewing wat wetsgehoorsames ontwapen het, die regering se grondroofplanne, die wet op minerale en die
“Die tyd tik af vir ’n bom om af te gaan”, aldus mnr. Rust.
* Die betoging is deur Sandu, ’n militêre vakverbond, gereël. Die Hooggeregshof het vroeër ’n interdik teen betoging uitgereik, maar dit is verontagsaam. Die Minister van Verdediging, Lindiwe Sisulu, het dit “ten sterkste” veroordeel.






